Junior Onderhoudsbeampte

Junior Onderhoudsbeampte picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamies Boerdery in die Bapsfontein distrik in Gauteng, is opsoek na ‘n energieke raakvat Junior Onderhoudsbeampte wat die Werkswinkelbestuurder en Eienaar sal bystaan met die Boerdery se Onderhoudsbehoeftes en Algemene Instandhouding.

Die ideale kandidaat het goeie elektriese agtergrond met 1 – 5 jaar ondervinding, is leergierig, netjies op self en werk, taak gedrewe, kan goed binne en buite spanverband funksioneer, stiptelik, trots op werk met ‘n positiewe uitkyk.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou bereidheid om ongereelde ure te werk en jou vermoë om onafhanklik te funksioneer en inisiatief te neem, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Verantwoordelik vir die onderhoud, herstel en Instandhouding van 12 Lêhokke wat 200 000 Lêhenne huisves
  • Nodige opleiding areas self identifiseer en voorkomend optree
  • Voorkomende- en algehele onderhoud op die Plaas
  • Meganiese en Elektriese herstel
  • Ondersteun die Werkswinkelbestuurder en Eienaar in daaglikse take
  • Algemene take op die Plaas
  • Om alle dag tot dag take deeglik en noukeurig uit te voer
  • Volg en lei deur voorbeeld
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd verlang van Bestuur

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir iemand wat die nodige kennis en vaardighede as wegspringplek het, en sal ons kliënt werkverwante opleiding gee soos en indien nodig.

Diensaanvaarding: 1 September 2022

Aansoeke sluit: 15 Augustus 2022

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising (ruim 2 slaapkamer huis), gesubsideerde elektrisiteit, selfoon en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoek word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp