Junior Plaasbestuurder: Aartappels en Uie

Junior Plaasbestuurder: Aartappels en Uie picture

Ons kliënt, 'n dinamiese Gemengde Boerdery in die Tom Burke distrik in Limpopo, is op soek na 'n ervare en energieke Plaasbestuurder om die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste-effektief, optimaal, winsgewend en volhoubaar te bestuur.

Die ideale kandidaat het 3 - 5 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Groete (Aartappels en Uie sal in jou guns tel) onder besproeiing. 

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou sterk organisasievermoë, goeie tydsbestuur, sterk meganiese kennis en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe uitvoering van Produksiepraktyke
  • Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting
  • Algehele onderhoud en netheid van die Plaas
  • Effektiewe arbeidsbenutting deur die Produksiesiklus
  • Voldoen aan "Global Gap" standaard
  • Bestuur besproeiing, bemesting- en plaagbeheerprogram

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese jong individu wat wil wortels skiet, gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: 1 Augustus 2024

Aansoeke sluit: 30 April 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp