Ons gewaardeerde kliënt, ‘n Gemengde Boerdery in die Koster/Lichtenburg distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na ‘n energieke raakvat Junior Plaasbestuurder om die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.
Die ideale kandidaat is enkellopend met 1 - 3 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Somer- en Wintergewasse op droëland en onder besproeiing, is sterk meganies met werkende kennis van Beesboerdery (Kuddebestuur en Voerkraal).
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, netheid op self en werk, stiptelikheid en vermoë of effektief binne en buite spanverband te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 3 Desember 2024
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.