Ons gewaardeerde kliënt, 'n gevestigde Gemengde Boerdery in die Harrismith distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n energieke en raakvat individu om die Plaasbestuurder by te staan om die Boerdery koste effektief, volhoubaar en winsgewend te bestuur.
Die ideale kandidaat het 'n Landbou Kwalifikasie (aanbeveel) met 2 - 3 jaar ondervinding in die verbouing van graangewasse (droëland en onder besproeiing) en Kuddebestuur (Beeste en Skape).
Bogenoemde gekoppel met jou leergierigheid, netheid, stiptelikheid en jou gedrewe ambisie om vir jouself ‘n langtermyn loopbaan in Landbou te wil uittrap, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 28 April 2022
Markverwante salaris eie aan die bedryf, 13de tjek, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.