Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Barrydale distrik in die Weskaap, is opsoek na ‘n energieke en raakvat Junior Plaasbestuurder om die Boerdery in samewerking met die Eienaar effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur.
Die ideale kandidaat het 'n toepaslike Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 1 - 5 jaar ervaring in die Totale Produksiesiklus van Boomgewasse (verkieslik Kern- en Steenvrugte) met ondervinding in besproeiingsbestuur en werkende kennis van kwaliteitbestuurstelsels soos Global Gap en SIZA.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou leergierigheid, vermoë om effektief onder druk te funksioneer binne of buite spanverband, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail en eienaarskapmentalitiet met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese jong individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 9 Oktober 2024
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, onderhandelde prestasiebonus en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar