Junior Plaasvoorman

Junior Plaasvoorman picture

‘n Vooruitstrewende Boerdery in die Bergville distrik in Kwa-Zulu Natal is opsoek na ‘n eerlike, enkelopende Junior Plaasvoorman, en nooi ons hardwerkende idividue wat ‘n loopbaan in Landbou vir homself/haarself wil uittrap om aansoek te doen.

Die ideale kandidaat het Matriek geslaag, ten minste ‘n kode 8 bestuurslisensie, meganies aangelê, is trots op sy/haar werk, is leergierig, nie bang vir werk nie, tree op met integriteit en het respek vir die natuur, lief vir plante en diere.

Bogenoemde karaktereienskappe en vaardighede gekoppel met jou liefde vir boer en ‘n wil om ‘n sukses daarvan te maak, sien ons uit na jou aansoek.

Die ideale kandidaat sal indiensopleiding ontvang en behulpsaam wees met:

  • Produksiesiklus van Somergewasse (Droëland en onder Besproeiing)
  • Produksiesiklus van Wintergewasse (Besproeiing)
  • Beesboerdery
  • Algehele onderhoud en Instandhouding
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit

Diensaanvaarding: 1 September 2022

Aansoeke sluit: 15 Augustus 2022

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied vir die ideale kandidaat.

Hierdie is ‘n langtermyn loopbaangeleentheid met groei potensiaal. Moet asb nie aansoek doen as jy nie kan “commit” nie. Die keuring gaan streng wees, so maak seker jou CV is op datum, antwoord al die vrae op die aansoek volledig en tot die punt.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp