Junior Plaasvoorman

Junior Plaasvoorman picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Marble Hall distrik in Limpopo, is opsoek na twee energieke, leergierige en raakvat Junior Plaasvoormanne om die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met 1 - 3 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Somer-, Winter- en Groentegewasse op droëland en onder besproeiing wie sterk meganies aangelê is.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, netheid op self en werk, stiptelikheid en vermoë of effektief onafhanklik te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Staan die Eienaar by met die dag-tot-dag operasionele bedrywighede op die Plaas
  • Totale Produksiesiklus van Gewasse
  • Algemene en Voorkomende Instandhouding
    • Plaaswerktuie, -implemente en ander -toerusting
    • Paaie en Brandbane
  • Infrastruktuur Instandhouding
  • Lei deur en volg voorbeeld
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Ander pligte soos verlang van Bestuur van tyd tot tyd

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n jong individu wat wil Boer.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 17 Maart 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, onderhandelde prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp