Junior Plaasvoorman

Junior Plaasvoorman picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Beesboerdery in die Thabazimbi distrik in Limpopo, is opsoek na ‘n energieke en raakvat Junior Plaasvoorman om die Boerdery is samewerking met die Eienaar koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat is enkellopend, het Matriek geslaag, het 1 - 5 jaar werkende kennis van Beeskuddebestuur, is meganies sterk aangelê, trots op werk, leergierig, nie bang vir werk nie, tree op met integriteit en het respek vir die natuur, lief vir plante en diere.

Bogenoemde karaktereienskappe en vaardighede gekoppel met jou liefde vir Boer, goeie kommunikasievermoë en ‘n wil om ‘n sukses van jou Loopbaan te maak, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die daaglikse operasionele bedrywighede
  • Algemene Beeskuddebestuur
    • Dieregesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
    • Monitor van getalle
  • Algehele onderhoud en Instandhouding
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid

Die hooffokus van die Pos is die effektiewe Bestuur van die Beeskudde, maar daar sal die suksesvolle kandidaat ook verwag word om die jaarlikse Jagseisoen te bestuur.

Die Plaas is afgeleë, en sal die suksesvolle kandidaat oor die vermoë moet beskik om goed te kan beplan en onafhanklik alleen effektief te kan funksioneer met 'n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 28 Maart 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising (een slaapkamer) en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Hierdie is ‘n langtermyn loopbaangeleentheid met groei potensiaal.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp