Junior Plaasvoorman: Gemengde Boerdery

Junior Plaasvoorman: Gemengde Boerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Dewetsdorp distrik in die Vrystaat, is opsoek na ‘n energieke en raakvat Junior Plaasvoorman om die Boerdery is samewerking met die Plaasbestuurder koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat is enkellopend, het Matriek geslaag, het 1 - 5 jaar werkende kennis van Beeskuddebestuur, is meganies sterk aangelê, trots op werk, leergierig, nie bang vir werk nie, tree op met integriteit en het respek vir die natuur, lief vir plante en diere.

Bogenoemde gekoppel met jou uitstekende leiereienskappe, leergierigheid, liefde vir Boer, goeie kommunikasievermoë en ‘n wil om ‘n sukses van jou Loopbaan te maak, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die daaglikse operasionele bedrywighede
  • Algemene Beeskuddebestuur
    • Dieregesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
    • Monitor van getalle
  • Algehele onderhoud en Instandhouding
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid

Die hooffokus van die Pos is die effektiewe Bestuur van die Beeskudde, maar daar sal die suksesvolle kandidaat ook verwag word om betrokke te wees by die Produksiesiklus van Mielies en Lusern onder besproeiing.

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n jong individu wat wil wortels skiet, leer en waarde toevoeg binne 'n gemotiveerde werksomgewing waar werk met ywer, as span, trots, netjies en met 'n eienaarskapmentaliteit aangepak en voltooi word.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 7 April 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp