Junior Plaasvoorman: Groente

Junior Plaasvoorman: Groente picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese en vooruitstrewende Gemengde Boerdery in die Malmesbury distrik in die Weskaap, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Junior Plaasvoorman om die Groente Afdeling van die Boerdery in samewerking met die Eienaar winsgewend, optimaal, koste-effektief en volhoubaar te bestuur.

Die ideale kandidaat is enkellopend en het meer as 6 maande ondervinding/blootstelling in die Totale Produksiesiklus van Groente in Tonnels en op oop Lande met 'n voorliefde vir Boer.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou rekenaarvaardigheid, goeie kommunikasievermoë, bo-gemiddelde organisasievermoë, leergierigheid en eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe uitvoering van produksiepraktyke
    • voorbereiding, plant, bemesting, plaagbeheer, besproeing en oes
  • Lei en volg deur voorbeeld
  • Volg en voer instruksies noukeurig uit
  • Voldoen aan GlobalGap standaarde
  • Goeie rekordhouding
  • Koördineer daaglikse plaas aktiwiteite en hanteer uitdagings en enige take wat voorkom
  • Brandvoorkoming en -bestuur
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Enige ander pligte van tyd-tot-tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 25 September 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, onderhandelde prestasiebonus en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp