Junior Plaasvoorman: Groente

Junior Plaasvoorman: Groente picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Malmesbury distrik in die Weskaap, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Junior Plaasvoorman om die Produksie-eenheid in samewerking met die Eienaars winsgewend, optimaal, koste-effektief en volhoubaar te Bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n verwante Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel), met meer as 6 maande ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Groente onder besproeiing en in Tonnels.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou leergierigheid, goeie kommunikasievermoë, bo-gemiddelde organisasievermoë en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe uitvoering van produksiepraktyke van gewasse – grondvoorbereiding, plant, kunsmis, spuit, besproeing en oes van gewasse
  • Goeie rekordhouding
  • Volg voorbeeld en lei deur voorbeeld
  • Doen take netjies, stiptelik en entoesiasties

Hierdie is die ideale geleentheid vir 'n jong individu wat graag wil Boer en goed gaan presteer binne 'n omgewing waar werk met trots, stiptelik en akkuraat gedoen word.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 30 November 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp