Skaapkuddebestuurder

Skaapkuddebestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Villiers distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n ervare, kundige en energieke Skaapkuddebestuurder om verantwoordelikheid te aanvaar vir die volhoubare, koste effektiewe en winsgewende bestuur van 'n Ekstensiewe Skaapkudde van 3000 Ooie.

Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel) en meer as 5 jaar ondervinding in alle aspekte van Skaapkuddebestuur. Die bestuur van die Skaapkudde sal die hooffokus van die pos wees, maar daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om behulpsaam te wees met ander Boerderybedrywighede soos en wanneer benodig. 

Bogenoemde vaardighede gekoppel met goeie kommunikasievermoë, bo-gemiddelde organisasievermoë, 'n eienaarskapmentaliteit, uitstekende leierseienskappe en 'n liefde vir Skape, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Kuddebestuur
    • Kuddegesondheid
      • Identifisering en behandeling
      • Biosekuriteit
      • Voorkomende bestuur
    • Weidingbestuur
      • Beplanning
      • Drukbeweiding
      • Watervoorsiening
    • Voeding
      • Lekke
      • Kruipvoer
    • Reproduksie
      • Bestuur van Ramme
      • Bestuur van Ooie
      • Dragtigheidsondersoeke
    • Lammers
      • Mortaliteitsbestuur
      • Weeg
      • Merk
      • Sterte af sit
    • Kudde
      • Monitor
      • Tel
      • Skeer en bestuur van Wol
  • Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld
  • Algemene instandhouding
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Biosekuriteit
  • Verslagdoening en Rekordhouding
  • Bereiking van optimale produksie
  • Enige ander take soos deur Bestuur bepaal van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 18 Augustus 2022

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis verblyf en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp