Junior Veebestuurder

Junior Veebestuurder picture

Ons bestaande kliënt, 'n vooruitstrewende Boerdery in die Polokwane distrik in Limpopo, is opsoek na 'n energieke Junior Veebestuurder om die Bees- en Skaapkudde van die Boerdery te bestuur, en nooi ons individue met dryf en 'n eienaarskapmentalitiet om aansoek te doen.

Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel), 2 tot 5 jaar ondervinding in alle aspekte van Skaap- en Beesboerdery, kennis van KI, liefde vir diere en is iemand wat opsoek is na 'n langtermyn loopbaan.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende leierseienskappe, goeie kommunkasie- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte

  • Algehele Kuddebestuur
  • Dieregesondheid
  • Weidingsbestuur
  • Reproduksiebestuur
  • KI
  • Rekordhouding
  • Algemene instandhouding en herstel
  • Administrasie

Diensaanvaarding: 1 Oktober 2021

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis verblyf op die plaas (1 slaapkamer woonstel), gratis water en ligte en n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke slegs deur die skakel word aanvaar.

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp