Kommersiële Beeskuddebestuurder

Kommersiële Beeskuddebestuurder picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Kroonstad/Edenville distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n energieke en dinamiese Bestuurder om die Kommersiële Beeskudde van die Boerdery koste effektief, volhoubaar, winsgewend en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe bestuur van 'n Kommersiële Beeskudde.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou liefde vir beeste, eienaarskapmentaliteit, uitstekende leierseienskappe, menseverhoudings, goeie kommunikasie- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Die bestuur van die daaglikse bedrywighede
    • Effektiewe arbeidsbenutting
    • Leierskap deur voorbeeld
  • Algehele Beeskuddebestuur
    • Kuddegesondheid
      • Identifisering en behandeling
      • Biosekuriteit
      • Voorkomende Bestuur
    • Weidingbestuur
      • Beplanning
      • Watervoorsiening
      • Voeding en Lekke
      • Kruipvoer
    • Reproduksie
      • Bestuur van Bulle
      • KI en Sinchronisasie
      • Bestuur van Dekseisoen
      • Dragtigheidsondersoek
      • Kalwer Bestuur
      • Kalwers Weeg
      • Brandmerk
      • Onthoring
    • Kudde
      • Monitor
      • Getalle
  • Algemene Instandhouding, uitbreiding van infrastruktuur en netheid van area van verantwoordelikheid op die Plaas
  • Bereiking van optimale produksie
  • Akkurate Rekordhouding en Verslagdoening
  • Enige ander take soos bepaal deur Bestuur

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 16 Januarie 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp