Kuddebestuurder: Bees en Skaap

Kuddebestuurder: Bees en Skaap picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Wolmaransstad/Schweizer-Reneke distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n ervare Kuddebestuurder vir die bestuur van die Boerdery se Bees- en Skaapkudde, en nooi ons individue met 5 - 10  jaar eerstehandse ervaring van Bees- en Skaapboerdery om aansoek te doen vir hierdie posisie.

Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (sterk aanbeveling), 'n Kode 14 Bestuurslisensie en kennis van die hele produksiesiklus van die verbouing van Lusern.

Bogenoemde gekoppel met jou bewese bestuurservaring van boerderyaktiwiteite, jou ingesteldheid op netheid, algemene instandhoudingservaring en jou eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Algehele Kuddebestuur (Bees en Skaap)
    • Kuddegesondheid
    • Weidingbestuur
    • Biosekuriteit
    • Produksiebestuur
  • Lusern en ander grasgewasse
    • Plant, Sny, Baal, Stoor
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Plaassekuriteit
  • Algehele instandhouding
  • Rekordhouding
  • Brandbestuur
  • Ander pligte soos bepaal deur bestuur van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 22 Januarie 2022

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied vir die ideale kandidaat

Aansoeke slegs deur die skakel word aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp