Ons kliënt, 'n suksesvolle Gemengde Boerdery in die Morgenzon distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n getroude ervare Kuddebestuurder vir die effektiewe en volhoubare bestuur van die Boerdery se Bees- en Skaapkudde.
Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel), 5 - 10 jaar eerstehandse ondervinding in alle aspekte van die bestuur van 'n Bees- en Skaapkudde (Ekstensief en Intensief), 'n holistiese begrip van korrekte bestuursbesluitneming en akkurate uitvoering daarvan om sodoende suksesvolle eienaarskap te neem met die vermoë om suksesvol te delegeer, koördineer binne 'n gemotiveerde werksklimaat.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou ondervinding in Voerkraalbestuur (beide Skaap en Bees), kennis van KI, dragtigheidsondersoeke, wolklas, rekenaarvaardigheid, aanpasbaarheid, bo-gemiddelde kommunikasievermoë, goeie menseverhouding, vermoë om in 'n span te funksioneer en 'n uitsonderlike eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Markverwante salaris eie aan die bedryf, 13de tjek, hervestigingskostes, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoek sluit: 30 Junie 2022
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar