Kuddebestuurder: Beeste

Kuddebestuurder: Beeste picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n vooruitstrewende Gemengde Boerdery in die Harrismith distrik in die Vrystaat is opsoek na 'n ervare Kuddebestuurder vir die effektiewe en volhoubare bestuur van die Boerdery se kommersiële beeskudde, en nooi ons individue met minstens 10 jaar eerstehandse ervaring in alle aspekte van die bestuur van 'n groot beeskudde om aansoek te doen.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou aanpasbaarheid, bo-gemiddelde kommunikasievermoë, goeie menseverhouding, vermoë om in 'n span te funksioneer en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur van die beeskudde in oorleg met die eienaar
    • Algehele Kuddebestuur
      • Kuddegesondheid
        • Voorkomende bestuur
        • Identifisering
        • Biosekuriteit
        • Behandeling
      • Weidingsbestuur
        • Beplanning
        • Drukbeweiding
        • Watervoorsiening
        • Aangeplante weiding
      • Voeding
        • Lekke
        • Kruipvoer
        • "Backgrounding"
      • Reprodusie
        • Bestuur van Bulle
        • Dragtigheidsondersoeke
      • Kalwers
        • Brandmerk
        • Merk
        • Onthoring
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Plaassekuriteit
  • Algehele instandhouding
  • Akkurate Rekordhouding en Administrasie
  • Brandbestuur
  • Behulpsaam wees met ander vertakkings van die Boerdery soos nodig
  • Ander pligte soos bepaal deur bestuur van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: 1 November 2021

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied vir die ideale kandidaat

Aansoeke slegs deur die skakel word aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp