Landbou Onderdelebemarker

Landbou Onderdelebemarker picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n gevestigde Landbou-onderneming in die Bethlehem distrik in die Vrystaat, is opsoek na ‘n gedrewe, energieke en pro-aktiewe Onderdelebemarker.

Die ideale kandidaat het meer as 5 jaar kennis en ervaring in die verkope van Landbou-onderdele, het goeie administratiewe vermoë, is rekenaarvaardig, goeie kommunikasie vaardighede op alle vlakke van die organisasie met goeie interpersoonlike verhoudinge en analitiese vermoë.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, uitstekende verkoops- en bemarkingsvaardighede, tegniese/meganiese kennis (ideaal) en jou vermoë om effektief onder druk te kan funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Lewer uitstekende kliëntediens en bemarking
  • Verseker korrekte onderdele word verskaf
  • Kontanthantering
  • Voorraadbeheer en -opnames
  • Rakversorging en netheid
  • Administratiewe funksies
  • Opdatering van voorraaditems inligting op stelsel
  • Monitering van voorraadvlakke vir tydige voorraad aanvulling
  • Aanvraag van kwotasies
  • Kommunikasie met interne verbruikers

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 29 Februarie 2024

Mededingende salaris eie aan die bedryf en 'n onderhandelde prestasiebonus word aangebied

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp