Ons kliënt, 'n vooruitstrewende Gemengde Boerdery (Mango's, Wild, Beeste, Groente en Voergewasse) in die Hoedspruit distrik in Limpopo, is op soek na 'n Ondersteunende Bestuurder om die Plaasbestuurder by te staan in die dag tot dag bestuur van die besproeiing, beeste en Pakhuis.
Die ideale kandidaat het eerstehandse ervaring en ondervinding in alle fasette van besproeiing (bestuur, instandhouding, foutopsporing en herstel), beeskuddebestuur en blootstelling aan Pakhuis Toesighouding.
Bogenoemde gekoppel met jou sterk dryf en organisasievermoë, goeie tydsbestuur en uitstekende toesighoudende vaardighede, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir iemand wie se kinders reeds uit die huis is, en opsoek is na ‘n uitdaging in die bedryf.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 30 April 2022
Markverwante salaris eie aan die bedryf, 'n voertuigtoelaag en gratis behuising word aangebied.
Aansoeke word slegs deur hierdie skakel aanvaar