Ontvangs en Admin Dame

Ontvangs en Admin Dame picture

Ons kliënt, 'n Boerdery in die Ermelo distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n ervare Ontvangs en Admin Dame om deel te word van die Boerdery se dinamiese Span.

Die ideale kandidaat het 5 - 10 jaar ondervinding as Ontvangsdame en/of in Kantooradministrasie, 'n vriendelike geaardheid met 'n bo-gemiddelde professionele kliëntediens ingesteldheid.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende kommunikasievermoë, ingesteldheid op "detail", netheid op self en werksplek, vermoë om akkuraat teen 'n vinnige tempo te werk en goed onder druk kan funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Optree as Ambassadeur vir die Boerdery as eerste punt van kontak
  • Professionele en vriendelike ontvangs van kliënte en verskaffers
  • Professionele en bo-gemiddelde telefoon-etiket
  • Akkurate inpos van data
  • Algemene Administrasie
  • Voorraadbeheer, -opnames en -rekordhouding
  • Rekordhouding - Diesel
  • Ander pligte soos van tyd-tot-tyd deur Bestuur verlang

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 18 Junie 2022

Mededingende salaris eie aan die bedryf word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp