Oordbestuurder/res

Oordbestuurder/res picture

Ons kliënt, 'n Boerdery in die Naboomspruit distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ernergieke, ervare en kundige Oordbestuurder/res om 'n vakansie-oord op die Plaas se daaglikse bedrywighede, gaservaring en funksie-aktiwiteite professioneel te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n relevante na-skoolse kwalifikasie (aanbeveel) en meer as 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die bestuur van ‘n Lodge/Gastehuis/Hotel met gesonde gasvryheid- en kliëntediens-in-gesteldheid, en uitstekende mensevaardighede.

Bogenoemde, gekoppel met jou sterk rekenaarvaardigheid, fyn oog vir detail, praktiese probleemoplossing, goeie organisering onder druk en 'n fyn ingesteldheid vir kwaliteit met sterk leierseienskappe en persoonlikheid, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Ontvang van Gaste
  • Administrasie- en ontvangspligte
  • Bemarking en sosiale media
  • Toesig oor huishouding en verslagdoening van alle onderhoudsvereistes
  • Voorraadbeheer en voorraadbestelllings
  • Kamer- en terreinkontroles
  • Personeelopleiding
  • Koördinering van dag-tot-dag aktiwiteite en pligte
  • Kommunikasie van gaste se behoeftes en spesiale versoeke
  • Die handhawing van 'n hoë diensetiek en standaard
  • Help met die implementering en instandhouding van stelsels en prosedures
  • Bestuur van inventarisse
  • Optree as Gasheer en Ambassadeur van die Oord

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 9 Maart 2026

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke slegs via diè skakel:👉 [aansoekvorm]

Share on
Click here to contact us on WhatsApp