Ons gewaardeerde kliënt, 'n Landbou-onderneming wat spesialiseer in die verkope van Hommeltuie vir die bespuiting van gewasse, Hommeltuigvlieënier opleiding en Konsultasie in Presisieboerdery, is opsoek na energieke en ervare Opleidingsbeampte om verantwoordelikheid te aanvaar vir die opleiding van die Maatskappy se personeel en kliënte.
Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (vereiste), 2 - 5 jaar Saaiboerdery ondervinding, Landbou Chemikalieë ondervinding (meng en aanwending) en is in besit wees van 'n RPL (Remote Pilots Lisence).
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou goeie kommunikasie- en organisatoriesevaardighede, detail ge-oriënteerd met sterk leierseienskappe en positiewe ingesteldheid, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 15 Augustus 2022
Markverwante salarispakket eie aan die bedryf word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar