Sitruspakhuis- en Finansiële Administrateur

Sitruspakhuis- en Finansiële Administrateur picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Marble Hall distrik in Limpopo, is opsoek na ‘n energieke en raakvat Dame om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe en optimale bestuur van die Boerdery se Pakhuis in seisoen, en die Finansiëlebestuurder by te staan buite seisoen.

Die ideale kandidaat het meer as 3 jaar ondervinding in soortgelyke posisie, is rekenaarvaardig (Winscan, Paltrack, MS Office, Excel) met werkende kennis van Global Gap, DAFF en Solas.

Bogenoemde gekoppel met jou goeie kommunikasievaardighede, jou fyn oog vir detail, ingesteldheid op produkkwaliteit, goed gestruktureerde doelgeoriënteerde persoonlikheid, eienaarskapmentaliteit, dryfkrag, netheid, stiptelikheid en sterk organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Pakhuisadministrasie (In Seisoen)
    • Voorraad opnames en beheer
    • Sitrus inspeksies en dokumentasie
    • Verpakking- en Marketiket hantering en administrasie
    • Logistieke hantering van vragte dokumentasie
    • Bestellings en aflewerings
    • Pakinstruksie beheer
    • Dataverwerking en rapportering
    • Lone - hantering van bestaalstaat funksie
    • Statutêre registrasies en voorbereiding
    • Rekordhouding van meesterlêers
    • Boekhouding en hantering van verskafferpryslyste
    • Dienste en kalibrasie hantering en rekordhouding
  • Algemene en Finansiële Administrasie (Buite Seisoen)
    • Liasering
    • Voorraadbeheer
    • Kwotasies, navrae en oproephantering
    • Krediteure: 
      • Bestellings, afleweringsnotas en fakture
    • Rekordhouding en Datavaslegging
    • Debiteure
      • Opvolg op betalings
    • Basiese dag-tot-dag administrasie

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n jong dinamiese individu wat gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 7 April 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp