Pakhuisbestuurder: Sitrus en Groente

Pakhuisbestuurder: Sitrus en Groente picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Letsitele distrik in Limpopo, is opsoek na ‘n energieke en raakvat Pakhuisbestuurder om verantwoordelikheid te neem vir die effektiewe, winsgewende en optimale bestuur van die Boerdery se Pakhuis.

Die ideale kandidaat het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5 jaar se eerstehandse ondervinding in Pakhuisbestuur met werkende kennis van die daarstelling en handhawing van die korrekte sorteer-, verpakkingsteikens en -standaarde deur 'n elektroniese grootte en sorteerder met sterk meganiese aanleg/ondervinding van pakhuistoerusting (Compac) en instandhoudingsvereistes.

Bogenoemde gekoppel met jou goeie kommunikasievaardighede met alle vlakke van personeel, bestuur en medebestuurders, goed gestruktureerde doelgeoriënteerde persoonlikheid, eienaarskapmentaliteit, dryfkrag, netheid, stiptelikheid en sterk organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Die verskaffing van gesonde leierskap
  • Bestuur om kwaliteit produkuitset
  • Akkuraatheid en konsekwentheid wat Pakhuisprosesse verseker
  • Verseker hoë standaarde van gesondheids- en veiligheidspraktyke
  • Evaluering van produktiwiteit
  • Opleiding en bestuur van Pakhuispersoneel
  • Akkurate administratiewe bestuur met die fokus op rekordhouding
  • Weeklikse beplanning en implimentering
  • Vooruitskatting en bestel van Pakhuisvoorraad
  • Verseker dat industrie gehalteversekeringstandaarde aan voldoen word (Global GAP, BRC)
  • Verseker dat temperatuurregulasies nagekom word
  • Verpakkingsbeplanning en skedulering
  • Optimale uitpakpersentasies
  • Gehaltebeheer en voedselveiligheid
  • Spanbou, motivering en bestuur
  • Tyd- en produksiebestuur
  • Verkoelingsbestuur
  • Gesonde gereelde kommunikasie met produsente en verskaffers
  • Enige ander pligte soos deur Bestuur verlang van tyd tot tyd

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir dinamiese jong individu wat wil wortels skiet, gedrewe is, gemotiveerd is en oor die vermoë beskik om effektief onder druk te funksioneer en leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 31 Januarie 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp