Plaas- en Beesvoerkraalbestuurder

Plaas- en Beesvoerkraalbestuurder picture

Ons kliënt, ‘n Boerdery in die Nigel distrik in Gauteng, is opsoek na 'n energieke en pro-aktiewe Bestuurder om die Plaas en Beesvoerkraal winsgewend, volhoubaar, koste effektief en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5 jaar ondervinding in alle aspekte van die effektiewe en suksesvolle bestuur ‘n Beesvoerkraal, is meganies aangelê en het werkende kennis van die Totale Produksiesiklus van Weidingsgewasse. (Gras)

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, goeie kommunikasie-, interpersoonlike- en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Optimale en winsgewende bestuur van die Beesvoerkraal
    • Ontvang en verwerking van kalwers
    • Bestuur van VOV en GDT
    • Rantsoenbestuur
    • Produksiebestuur
    • Dieregesondheid
    • Biosekuriteit
    • Mortatiteitsbestuur
  • Dag tot dag beplanning en uitvoer van take
  • Konstant verseker dat standaarde aan voldoen word
  • Handel take doeltreffend en netjies af
  • Effektiewe arbeidsbenutting en lei deur voorbeeld
  • Algemene instandhouding
  • Akkurate rekordhouding en administrasie
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Ander pligte soos bepaal deur Bestuur van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: 1 Augustus 2024

Sluitingsdatum: 30 Junie 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, onderhandelde prestasiebonus en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp