Plaasbestuurder: Suikerriet en Makadamia

Plaasbestuurder: Suikerriet en Makadamia picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n vooruitstrewende Boerdery in die Pongola distrik in Noord-Natal, is opsoek na ‘n Plaasbestuurder om die Boerdery in al sy fasette optimaal, volhoubaar, koste effektief en winsgewend te bestuur.

Die ideale kandidaat het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveel), meer as 10 jaar se eerstehandse ervaring in die Totale Produksiesiklus van Suikerriet en Makadamias, ondervinding in mikro- en drupbesproeiing en kennis in die verbouing van Piesangs (aanbeveel).

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou fyn waaremingsvermoë, eienaarskapmentaliteit, uitstekende leierseienskappe, vermoë om personeel effektief binne ‘n gemotiveerde werksklimaat te bestuur, effektiewe dag-tot-dag operasionele bestuur, ingesteldheid op netheid en goeie onderhandelingsvermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Koste effektiewe onafhanklike bestuur van die Boerdery
  • Bestuur van die Totale Suikerriet en Makadamia Produksiesiklus
  • Effektiewe bestuur van Personeel
  • Effektiewe bestuur van Produksiebegroting
  • Effektiewe arbeidsbenutting en bestuur deur voorbeeld
  • Bereiking van optimum produksie
  • Akkurate Administrasiebestuur
  • Effektiewe interaksie met Verskaffers en Verteenwoordigers
  • Alle toerusting, implemente, trekkers, stropers en voertuie diensbaar
  • Plaassekuriteit en Brandbestuur
  • Bydra tot die sukses van die Groep

Markverwante salaris eie aan die bedryf, winsdeling, gratis behuising, bystand met verhuisingskoste en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Hierdie geleentheid is op Plaas wat, uit die aard van sy ligging, baie veilig is.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit : 30 Junie 2022

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp