Plaasbestuurder: Aartappels en Rankgewasse

Plaasbestuurder: Aartappels en Rankgewasse picture

Ons kliënt, 'n vooruitstrewende Boerdery in die Vivo distrik in Limpopo, is op soek na 'n ervare, pro-aktiewe en energieke Plaasbestuurder met 'n eienaarskapmentaliteit om die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste effektief, optimaal en volhoubaar te bestuur.

Vereistes:

  • Landbougerigte Kwalifikasie sal in jou guns tel
  • Meer as 8 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Aartappels en Rankgewasse
  • Goeie kennis van besproeiing en waterpompe
  • Dryf, sterk organisasievermoë, goeie tydsbestuur en leierskapvaardighede
  • Goed onder druk kan werk en fisies fiks wees
  • Sterk meganiese ondervinding en kennis
  • Blootstelling aan Global Gap sal in jou guns tel
  • Geldige bestuurslisensie

Pligte:

  • Effektiewe uitvoering van produksiepraktyke
  • Sorgvuldige onderhoud en konstante diensbaarheid van toerusting
  • Algehele onderhoud en netheid van die Plaas
  • Effektiewe arbeidsbenutting en personeelbestuur deur die hele produksiesiklus
  • Voldoen aan "Global Gap" standaarde
  • Grond analises om optimale produksie te verseker
  • Bestuur bemesting- en plaagbeheerprogram
  • Bestuur van besproeiing
  • Bereiking van optimale produksie

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 10 Mei 2022

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoek word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp