Ons kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Davel distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n energieke Plaasbestuurder Assistent om die Eienaar en sy Seun by te staan in die daaglikse operasionele bestuur van die Boerdery.
Die ideale kandidaat het 2 - 3 jaar ondervinding in Gemengde Boerdery (Bees, Skaap en Somergewasse), is netjies, stiptelik en gedrewe wat vir homself/haarself 'n loopbaan in Landbou wil uittrap.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou leergierigheid en jou ambisie om suksesvol te groei in jou Loopbaan, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 25 Mei 2022
Markverwante salaris en voordele eie aan die bedryf word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.