Ons gewaardeerde kliënt, 'n Boerdery 45km noord van Graaff-Reinet in die Oos-Kaap, is opsoek na 'n ervare Plaasbestuurder om die Boerdery op twee aangrensende Plase onafhanklik, volhoubaar, optimaal en winsgewend te bestuur.
Die ideale kandidaat het 5 - 10 jaar eerstehandse ondervinding in alle aspekte van 'n Bees- en Bokboerdery, werkende kennis in die verbouing van Lusern (droëland en onder besproeiing) en beskik oor 'n eienaarskapmentaliteit met die vermoë om akkurate besluite onafhanklik te neem.
Bogenoemde gekoppel met jou bewese bestuurservaring van boerderyaktiwiteite, algemene instandhouding en effektiewe arbeidsbenutting, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Diensaanvaarding: 1 Julie 2022 of vroeër
Aansoeke sluit: 25 Mei 2022
Markverwante salaris eie aan die bedryf, potensiële toekomstige winsdeling, gratis behuising (twee slaapkamer huis) en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar