Plaasbestuurder: Beeste en Eksotiese Wild

Plaasbestuurder: Beeste en Eksotiese Wild picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Boerdery in die Bultfontein distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n kundige en ervare Plaasbestuurder om die Wild- en Beesplaas koste effektief, optimaal, winsgewend en volhoubaar te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 10 jaar se eerstehandse ondervinding in alle aspekte van Beesboerdery en die Teel van Eksotiese Wild, goeie kommunikasievermoë, uitstekende leierseienskappe met sterk meganies en elektriese kennis.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou vermoë om effektief onafhanklik te funksioneer, inisiatief kan neem met 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe bestuur van Wildafdeling
    • Wildbestuur
    • Voedingbestuur
    • Dieregesondheid
    • Identifiseringsbestuur
    • Bestuur van indringer plantegroei
    • Instandhouding van heinings en Paaie
  • Algehele Beeskuddebestuur
    • Kuddegesondheid
    • Weidingbestuur
    • Produksiebestuur
    • Aankope, bemarking en verkope
    • Getalle monitor
  • Algemene instandhouding
  • Infrastruktuur instandhouding en daarstelling
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit
  • Rekordhouding en rapportering
  • Ander pligte soos verlang van eienaar van tyd tot tyd

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n ervare Plaasbestuurder om onafhanklik te Boer met die vereiste verantwoordelikheid en dryfkrag wat van die suksesvolle kandidaat verwag word.

Diensaanvaarding: 1 Augustus 2022

Aansoeke sluit: 30 Junie 2022

Mededingende salaris eie aan die bedryf, 13 de tjek na 12 maande diens, gratis verblyf, gratis water en ligte en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp