Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Oranjeville distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n ervare en kundige Plaasbestuurder om die Boerdery saam met die Senior Plaasbestuurder koste effektief, winsgewend, volhoubaar en optimaal te bestuur.
Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie en 5 - 8 jaar ervaring in Beeskuddebestuur, die totale produksiesiklus van Kuilvoer en Voergewassse (droëland en onder besproeiing) met 'n sterk meganies aanleg.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende leierseienskappe, aanpasbaarheid, bo-gemiddelde kommunikasievermoë, goeie menseverhoudinge, eienaarskapmentaliteit en jou vermoë om lang ure te werk, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 23 September 2024
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, onderhandelde prestasiebonus en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar