Plaasbestuurder: Beesboerdery

Plaasbestuurder: Beesboerdery picture

Ons kliënt, 'n gevestigde Beesboerdery in die Ghazi Distrik in Botswana, is opsoek na 'n ervare Plaasbestuurder vir die algehele bestuur van 'n 27000ha Beesplaas, en nooi ons getroude idividue met 'n eienaarskapmentaliteit om aansoek te doen vir die geleentheid om op 'n plaas met goeie infrastruktuur te Boer.

Die ideale kandidaat het sterk administratiewe vaardighede, bo-gemiddelde beplanningsvermoë en ten minste 5 jaar se eerstehandse ondervinding in alle fassette van Beesboerdery.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou vermoë om Tswana te praat en verstaan (tot jou voordeel), jou goeie kennis van boorgate, sonpompe en jou vermoë om algehele instandhouding te doen, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Onafhanklike bestuur van die Boerdery in samewerking met die eienaar
  • Algehele Kuddebestuur
    • Kuddegesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Produksiebestuur
    • Monitor
    • Veegetalle
  • Herstel en instandhouding
    • Heinings en Kampe
    • Boorgate en Sonstelsels
    • Krale
    • Water
    • Geboue
    • Voertuie en plaastoerusting
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Bereiking van optimale produksie
  • Administrasie en Rekordhouding
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit
  • Ander pligte soos bepaal deur eienaar van tyd tot tyd

Diensaanvaarding 1 Oktober 2021

Markverwante salaris (in PULA) eie aan die bedryf, gratis 2 slaapkamer huis met 'n 2 slaapkamer woonstel, gratis sonkrag, voertuig vir werksdoeleindes en gratis 100 GB WI-FI per maand word aangebied.

Neem kennis dat die plaas afgeleë is en skole vêr en duur is.

Eienaar sal suksesvolle kandidaat bystaan met die verkryging van 'n werkspermit indien nodig

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

 

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp