Plaasbestuurder: Besproeiing en Gewasse

Plaasbestuurder: Besproeiing en Gewasse picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Hartswater distrik in die Noordkaap, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Plaasbestuurder om die Boerdery in samewerking met die Eienaar, winsgewend, optimaal, koste-effektief en volhoubaar te Bestuur.

Die ideale kandidaat het meer as 10 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Somer-, Winter- en Voergewasse (spesifiek Lusern) onder besproeiing, is meganies sterk aangelê met kennis in die Produksiesiklus van Pekaneute (voordelig).

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou vermoë om effektief onafhanklik te funksioneer, uitstekende leierseienskappe, fyn oog vir detail en eienaarskapmentalitiet met uitstekende beplannings- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die daaglikse operasionele bedrywighede
  • Bestuur die Produksiesiklus van Gewasse
  • Besproeiingsbestuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Instandhouding, diens en herstel van die Plaasvoertuie, -implemente en infrastruktuur
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Enige ander take soos deur die Eienaar bepaal van tyd tot tyd

Hierdie is ‘n ideale geleentheid vir 'n dinamiese individu wie gedrewe en oor die vermoë beskik om leiding te gee binne ‘n gemotiveerde werksklimaat waar werk stiptelik en akkuraat gedoen word met trots, passie en ‘n eienaarskapmentaliteit.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 30 Mei 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Nota: Die suksesvolle kandidaat sal verantwoordelik wees vir behuisingskoste in Jan Kempdorp of Hartwater.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp