Plaasbestuurder: Boomgewasse

Plaasbestuurder: Boomgewasse picture

Ons gewaardeerde kliënt,'n Landbou Maatskappy met Avo en Makadamia plase in Suid-Afrika en Mosambiek, is opsoek na 'n ervare Plaasbestuurder om 'n Plaas in die Hazyview distrik in Mpumalanga optimaal, volhoubaar en winsgewend te bestuur, en nooi ons individue met dryf, goeie leierseienskappe en 'n eienaarskapmentaliteit om aansoek te doen vir die opwindende uitdagende posisie.

Die ideale kandidaat beskik oor 'n Boomgewasverbouing Tersiêre Kwalifikasie (aanbeveel), indiepte eerstehandse ondervinding in enige Boomgewasverbouing (Avo, Makadamia, Mango, Sitrus, Piesangs of Groente), besproeiings- en kwaliteitsbestuur met kennis van GLOBAL GAP of TESCO of SIZA of BRC of HACCEP.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou oog vir detail, jou puntinerigheid, goeie meganiese kennis en bo-gemiddelde menseverhoudings, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Effektiewe beplanning en uitvoering van produksiepraktyke
  • Produktiewe bestuur van arbeid en toerusting
  • Handhawing van gesonde arbiedsbestuur praktyke
  • Plaagbeheer
  • Effektiewe water- en besproeiingsbestuur
  • Rekordhouding en Administrasie
  • Algehele onderhoud
  • Brandvoorkoming en -bestuur
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd bepaal deur Direksie

Diensaanvaarding: 1 Junie 2022

Aansoeke sluit: 19 Mei 2022

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising vir 'n gesin op die plaas, gratis water en ligte en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied aan die suksesvolle kandidaat.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp