Plaasbestuurder: Braaikuikens

Plaasbestuurder: Braaikuikens picture

Ons vooruitstrewede kliënt in die Standerton distrik in Mpumalanga is opsoek na n ervare Plaasbestuurder vir die Braaikuikenvertakking van die Boerdery en nooi ons individue met n eienaarskapmentaliteit, goeie leierskapeienskappe en wat ernstig is om n Loopbaan te bou om aansoek te doen.

Die ideale kandidaat het n Landboukwalifikasie, is getroud en het ten minste 3 - 5 jaar eerstehandse ondervinding in die totale produksiesiklus van Braaikuikens.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met trots op jou werk, goeie kommunikasievermoë en bo-gemiddelde organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Produksiebestuur
  • Dieregesondheid
  • Biosekuriteit
  • Dag tot dag beplanning en uitvoer van take
  • Konstant verseker dat Braaikuiken standaarde aan voldoen word
  • Mortaliteitsbestuur
  • Voedingbestuur
  • Voeromsetverhouding
  • Algehele instandhouding
    • Heinings
    • Toerusting
    • Hokke
  • Administrasie
    • Rekordhouding
    • Voorraadbestuur
    • Verslagdoening
  • Sekuriteit- en Brandbestuur
  • Ander pligte soos van tyd tot tyd bepaal deur Bestuur

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising (nuwe 3 slaapkamer, 2 badkamers, dubbel motorhuis), voertuig vir werksdoeleindes en aantreklikke produksiebonus per siklus word aangebied vir die ideale kandidaat.

Diensaanvaarding 1 September 2021

Aansoeke word slegs aanvaar deur die skakel

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp