Plaasvoorman: Gemengde Boerdery

Plaasvoorman: Gemengde Boerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese Boerdery in die Bultfontein/Welkom distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n ervare en kundige Plaasvoorman om die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste effektief, winsgewend, volhoubaar en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Tersiêre Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5 jaar ervaring in die totale produksiesiklus van Somergewassse met werkende kennis van Beeskuddebestuur wie sterk meganies aangelê is.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende leierseienskappe, aanpasbaarheid, bo-gemiddelde kommunikasievermoë, goeie menseverhoudinge, eienaarskapmentaliteit en jou vermoë om 'n span effektief te bestuur, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede van die Boerdery
  • Totale Produksiesiklus van Somergewasse
    • Voorbereiding van lande
    • Aanplant van gewasse
    • Monitering en bestuur van aangeplante gewasse
    • Onkruidbeheer
    • Stroop van gewasse
  • Algemene Beeskuddebestuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Algemene instandhouding
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Bereiking van optimale produksie
  • Brandbestuur en -voorkoming

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 9 Junie 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp