Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery

Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Schweizer-Reneke distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Plaasbestuurder om die Boerdery in samewerking met die Eienaar, winsgewend, optimaal, koste-effektief en volhoubaar te Bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, is "hands-on", het 'n Tersiêre Kwalifikasie (aanbeveel), eie Mediesefonds (vereiste), is sterk meganies (diesel, sweis- en staalwerk, draadwerk, boorgate ens) en het 10 - 15 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Somergewasse op droëland met goeie werkende kennis van Bees-, Skaapkudde- en Voerkraalbestuur.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou sober gewoontes, goeie kommunikasievermoë, bo-gemiddelde organisasievermoë en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die daaglikse operasionele bedrywighede in samewerking met die Eienaar
  • Bestuur die Produksiesiklus van Gewasse
  • Kuddebestuur
    • Dieregesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
    • Voeding en Lekke
    • Daagliks getalle monitor
  • Algemene Voerkraalbestuur
    • Dieregesondheid
    • Rantsoenbestuur
    • Mortalteitbestuur
    • GDT en VOV
    • Biosekuriteit
  • Effektiewe arbeidsbenutting en leiding deur voorbeeld
  • Instandhouding, diens en herstel van die Plaasvoertuie, -implemente en infrastruktuur
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Enige ander take soos deur die Eienaar bepaal van tyd tot tyd

Die Boerdery het moontlik ook 'n Administratiewe Pos beskikbaar vir 'n Dame.

Diensaanvaarding: 1 April 2025

Aansoeke sluit: 10 Februarie 2025

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, Wi-Fi, elektrisiteit, 'n Slagskaap elke 2 maande en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp