Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery

Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n vooruitstrewende Gemengde Boerdery in die Winterton distrik in Kwa-Zulu Natal, is opsoek na ‘n ervare Plaasbestuurder, en nooi ons individue met 5 - 10 jaar ervaring in alle aspekte van Beesboerdery (Stoet, Kommersieël en Voerkraal) en Somer- en Wintergewasverbouing (op droëland en onder besproeiing) om aansoek te doen.

Die ideale kandidaat het ‘n Landboukwalifikasie (aanbeveling), eerstehandse kennis van die hele produksiesiklus van mielies, soja, en koring (droëland en onder besproeiing) en goeie ondervinding in Beeskuddebestuur wat Voerkraalbestuur insluit.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou aanpasbaarheid, bo-gemiddelde kommunikasievermoë, goeie menseverhoudinge, vermoë om in 'n span te funksioneer en ‘n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur van die boerdery in oorleg met die eienaar
  • Totale produksiesiklus van mielies, soja, en koring op droëland en onder besproeiing
    • Voorbereiding van lande
    • Aanplant van gewasse
    • Monitering en bestuur van aangeplante gewasse
    • Onkruidbeheer
    • Stroop van gewasse
  • Kuddebestuur
    • Kuddegesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Voeding
    • Reproduksie
  • Voerkraalbestuur
  • Rekordhouding
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Algemene instandhouding
  • Bereiking van optimale produksie
  • Brandbestuur
  • Administrasie
  • Enige ander take deur eienaar verlang van tyd tot tyd.

Diensaanvaarding: 1 Januarie 2022 of vroeër 

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp