Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery

Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, ‘n gevestigde Boerdery in die Bothaville distrik in die Vrystaat, is opsoek na ‘n ervare, energieke Plaasbestuurder om die Boerdery in samewerking met die Eienaar effektief, optimaal, winsgewend en volhoubaar te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Landbou Kwalifikasie (aanbeveel) en meer as 8 jaar eerstehandse kennis van die hele produksiesiklus van Somergewasse op droëland, sterk meganiese kennis en ervare is alle aspekte van die bestuur van 'n Beeskudde.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou uitstekende leierseienskappe, goeie menseverhoudinge, vermoë om in ‘n span te funksioneer en ‘n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur van die Boerdery in oorleg met die eienaar
  • Totale produksiesiklus van mielies, soja en sonneblom op droëland
    • Voorbereiding van lande
    • Aanplant van gewasse
    • Monitering en bestuur van aangeplante gewasse
    • Onkruidbeheer
    • Stroop van gewasse
  • Beeskuddebestuur
    • Kuddegesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
    • Brand, merk en weeg
    • Getalle monitor
  • Plaasvoertuie en -implemente diensbaar ten alle tye
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Algemene instandhouding
  • Plaassekuriteit en Brandbestuur
  • Bereiking van optimale produksie
  • Enige ander take deur eienaar verlang van tyd tot tyd.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 30 Junie 2022

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp