Ons kliënt, ‘n vooruitstrewende Boerdery in die Mareetsane distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na ‘n jong en energieke Plaasbestuurder om die Boerdery en die Plaas van sowat 2500ha in samewerking met die Eienaar volhoubaar, winsgewend, koste effektief en optimaal te bestuur.
Die ideale kandidaat het 5 - 10 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Mielies, Sonneblom, Grondbone en Voergewasse, Beesboerdery (Stoet en Kommersieël) en Skaapboerdery.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met ‘n kode 10 bestuurslisensie, jou meganiese aanleg, eienaarskapmentaliteit, goeie menseverhoudings, bo-gemiddelde kommunikasievermoë en goeie leierseienskappe, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie geleentheid is op ‘n afgeleë Plaas, en gaan dit ‘n groot uitdaging vir ouers wees met skoolgaande kinders. Daar is goeie internet op die Plaas wat Tuisonderrig ‘n moontlike opsie maak.
Markverwante salaris eie aan die bedryf, moontlike prestasiebonus, gratis behuising in ‘n 3 slaapkamer huis en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 18 Augustus 2022
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar