Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery

Plaasbestuurder: Gemengde Boerdery picture

Ons kliënt, ‘n dinamiese Boerdery in die Warmbad distrik in Limpopo, is opsoek na ‘n ervare en kundige Plaasbestuurder om die Boerdery in samewerking met die Eienaar volhoubaar, winsgewend, koste effektief en optimaal te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel), 5 - 10 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Mielies en Voergewasse (droëland en onder besproeiing), Beesboerdery met KI ondervinding (Bonsmara Stoet) en Skaapboerdery.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met ‘n kode 10 bestuurslisensie, jou meganiese aanleg, eienaarskapmentaliteit, goeie menseverhoudings, bo-gemiddelde kommunikasievermoë en goeie leierseienskappe, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Koste effektiewe bestuur van die Boerdery in samewerking met die Eienaar
  • Totale Produksiesiklus van Gewasse
  • Beeskuddebestuur
  • Skaapkuddebestuur
  • Effektiewe arbeidsbenutting en bestuur deur voorbeeld
  • Bereiking van optimum produksie
  • Brandbestuur en -beheer
  • Administrasie en Rekordhouding
  • Algemene en Infrastruktuur instandhouding en herstel
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Enige ander pligte van tyd tot tyd soos deur Eienaar versoek

Markverwante salaris eie aan die bedryf, 13de tjek, gratis behuising en ‘n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 16 Augustus 2022

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar 

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp