Plaasbestuurder: Saaiboerdery

Plaasbestuurder: Saaiboerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n dinamiese en vooruitstrewende Gemengde Boerdery in die Potchefstroom distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Bestuurder om die Saai-afdeling van die Boerdery van 3 500ha koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel) met meer as 5 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Somer- en Wintergewasse op droëland en onder besproeiing wie sterk meganies aangelê is.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, jou vermoë om strategies te beplan, goeie werkende kennis van John Deere Greenstar, Cerialis Presiesieplant en Slimfoon App's, netheid op self en werk, stiptelikheid en die vermoë om effektief onafhanklik te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die implementering van strategie
  • Bestuur die dag-tot-dag operasionele bedrywighede
  • Bestuur die Totale Produksiesiklus van Gewasse
  • Besproeiingsbestuur
  • Vooraadbeheer en -bestuur
  • Opleiding, mentorskap en die skep van 'n gemotiveerde werksklimaat
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Algemene en voorkomende Instandhouding
    • Plaaswerktuie, -implemente en ander -toerusting
  • Infrastruktuur Instandhouding
  • Rekordhouding en administrasie
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Ander pligte soos verlang van Bestuur van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: Sou gou as moontlik

Aansoeke sluit: 26 September 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, onderhandelde prestasiebonus en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar.

Share on
Click here to contact us on WhatsApp