Plaasbestuurder: Saaiboerdery

Plaasbestuurder: Saaiboerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt in die Elliot/Aliwal-Noord distrik in die Oos Kaap is opsoek na 'n energieke en pro-aktiewe Plaasbestuurder om 'n Saaiplaas winsgewend, optimaal en volhoubaar te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n eienaarskapmentaliteit, 'n Landbou kwalifikasie (aanbeveel) met meer as 10 jaar ervaring in alle aspekte van die Totale Produksiesiklus van Mielies, Soja, Koring en Aartappels op droëland en onder besproeiing.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou kennis van die effektiewe bestuur van 'n produksiebegroting en algemene bestuursbeginsels, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Koste effektiewe bestuur van die Boerdery in samewerking met die Eienaar
  • Bestuur van die Totale Produksiesiklus
  • Effektiewe bestuur van Produsiebegroting
  • Effektiewe arbeidsbenutting en bestuur deur voorbeeld
  • Bereiking van optimum produksie
  • Alle toerusting, implemente, trekkers, stropers en voertuie diensbaar.
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Algemene Instandhouding
  • Brandbestuur
  • Bydra tot die sukses van die groep

Diensaanvaarding: 1 Julie 2022

Aansoeke sluit: 30 Mei 2022

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp