Plaasbestuurder: Saaiboerdery

Plaasbestuurder: Saaiboerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n vooruitstrewende Boerdery in die Derby/Koster distrik in die Noordwes Provinsie, is opsoek na 'n ervare, energieke en pro-aktiewe Plaasbestuurder om die Saaiboerdery onafhanklik, winsgewend, optimaal en volhoubaar te bestuur.

Die ideale kandidaat het 'n Landbou kwalifikasie (aanbeveel) met meer as 10 jaar ervaring in alle aspekte van die Totale Produksiesiklus van Mielies, Soja, Sonneblom en Suikerbone op droëland en onder besproeiing.

Bogenoemde vaardighede, gekoppel met jou kennis van die effektiewe bestuur van 'n produksiebegroting, algemene bestuursbeginsels, goeie kennis van tegnologie op Plaastoerusting, jou eienaarskapmentaliteit en sterk meganiese aanleg, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Koste effektiewe bestuur van die Boerdery
  • Bestuur van die Totale Produksiesiklus
  • Effektiewe bestuur van Produsiebegroting
  • Effektiewe arbeidsbenutting en bestuur deur voorbeeld
  • Bereiking van optimum produksie
  • Alle toerusting, implemente, trekkers, stropers en voertuie diensbaar.
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Algemene Instandhouding
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Rekordhouding en Administrasie
  • Gereelde Rapportering en Verslagdoening
  • Bydra tot die sukses van die Groep

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 18 Augustus 2022

Markverwante salaris eie aan die bedryf, prestasiebonus, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on

Join our mailing list

Sign up and you will be the first to know the latest news, insider-only info, and more.

Click here to contact us on WhatsApp