Ons gewaardeerde kliënt, 'n Boerdery in die Lichtenburg en Setlagole distrik in die Noordwes Provinsie wat hoofsaaklik met Kommersiële Bonsmara Boer, is opsoek na 'n ervare en kundige Plaasbestuurder vir die onafhanklike, effektiewe, volhoubare en winsgewende bestuur van twee Veeplase wat ongeveer 130 km uitmekaar is.
Die ideale kandidaat het 'n Landbou Kwalifikasie (aanbeveel), meer as 5 jaar se eerstehandse ervaring in alle aspekte van die bestuur van 'n Bees- en Skaapkudde, kennis in die verbouing van Voergewasse en is meganies kundig.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou bo-gemiddelde kommunikasievermoë, jou vermoë om pro-aktief op te tree met inisiatief, 'n eienaarskapmentaliteit, selfdissipline, goeie rekordhouding- en organisasievermoë, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
Hierdie is 'n uitstekende geleentheid vir 'n hardwerkende persoon met dryfkrag en inisiatief om 'n langtermyn loopbaan, groei en vergoeding te ontlok.
Diensaanvaarding: 1 Junie 2022
Aansoeke sluit: 15 April 2022
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied vir die ideale kandidaat
Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar