Plaastoerusting Operateur

Plaastoerusting Operateur picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Saaiboerdery in die Marble Hall distrik in Limpopo, is opsoek na 'n ervare, energieke en verantwoordelike Plaastoerusting Operateur om behulpsaam te wees met die voorbereiding van Lande, plant, spuit en oes van Graangewasse.

Die ideale kandidaat het 1 - 3 jaar bewese ondervinding as Plaastoerusting Operateur, bogemiddelde dryf, goeie tydsbestuur, vermoë om effektief onder druk te presteer, 'n eienaarskapmentaliteit en 'n liefde vir Boer.

Pligte:

  • Voorbereiding van Lande
  • Plant, Spuit en Oes van Graangewasse
  • Brandbestuur en -voorkoming
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Enige ander pligte soos van tyd-tot-tyd verlang

Hierdie is n ideale geleentheid vir 'n jong individu wat trots is op sy werk is, hardwerkend is en verantwoordelik is.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 11 Februarie 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf en word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp