Plaastoerusting Operateur

Plaastoerusting Operateur picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Landboukontrakteur wat werk oor Suid-Afrika, is opsoek na 'n ervare, energieke en verantwoordelike Plaastoerusting Operateur vir die spuit en kerf van Graangewasse.

Die ideale kandidaat het 1 - 5 jaar bewese ondervinding as Plaastoerusting Operateur, veral Kuilvoerkerwers en Hoogloopspuite, werkende kennis van grondwerk en baalwerk, bogemiddelde dryf, goeie tydsbestuur, vermoë om effektief onder druk te presteer, 'n eienaarskapmentaliteit en 'n liefde vir Boer.

Pligte:

  • Spuit, Kerf en Oes van Graangewasse
  • Uiterste netheid op self en toerusting
  • Instandhoudingskontrole
  • Veilige Operateurwerk
  • Stiptelikheid
  • Rekordhouding
  • Rapportering
  • Enige ander pligte soos deur Bestuur bepaal van tyd tot tyd

Die Pos is gebaseer in die Ooskaap, maar daar sal van die suksesvolle kandidaat verwag word om uit-te-slaap soos en wanneer nodig.

Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n jong individu wat trots is op sy werk is, hardwerkend is en verantwoordelik is.

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 10 Maart 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf met 'n aantreklike prestasiebonus word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp