Plaasvoorman: Gemengde Boerdery

Plaasvoorman: Gemengde Boerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Bloemfontein distrik in die Vrystaat, is opsoek na 'n energieke en raakvat Plaasvoorman wat die Eienaar sal bystaan in die daaglikse operasionele bedrywighede op die Plaas.

Die ideale kandidaat is getroud, is sterk meganies (diesel, sweis- en staalwerk, draadwerk, boorgate ens) met 5 - 10 jaar ondervinding in die Produksiesiklus van Somergewasse en Skaap- en Beeskuddebestuur.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou sober gewoontes, goeie kommunikasievermoë, bo-gemiddelde organisasievermoë en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die daaglikse operasionele bedrywighede
  • Bees- en Skaapkuddebestuur
    • Dieregesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
    • Voeding en Lekke
    • Daagliks getalle monitor
  • Produksiesiklus van Somergewasse
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Instandhouding, diens en herstel van die Plaasvoertuie, -implemente en -infrastruktuur
  • Enige ander take soos deur die Eienaar bepaal van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 9 Junie 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp