Plaasvoorman: Gemengde Boerdery

Plaasvoorman: Gemengde Boerdery picture

Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Riviersonderend distrik in die Weskaap, is opsoek na 'n energieke, ervare en raakvat Plaasvoorman om die Boerdery in samewerking met die Eienaar, winsgewend, optimaal, koste-effektief en volhoubaar te Bestuur.

Die ideale kandidaat is getroud, het 'n Tersiêre Kwalifikasie (aanbeveel), 'n Kode 14 bestuurslisensie met PDP (aanbeveel), 5 - 10 jaar ondervinding in Saaiboerdery spesifiek tot die Weskaap met uitstekende werkende kennis van Intensiewe Skaapboerdery en RWS Oudit.

Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou sterk meganiese aanleg, goeie kommunikasievermoë, bo-gemiddelde organisasievermoë, rekenaarvaardigheid en 'n eienaarskapmentaliteit, sien ons uit na jou aansoek.

Pligte:

  • Bestuur die daaglikse operasionele bedrywighede
  • Bestuur die Produksiesiklus van Winter- en Voergewasse
  • Skaapkuddebestuur
    • Dieregesondheid
    • Weidingsbestuur
    • Reproduksiebestuur
      • Ramme
      • Dekseisoen
      • Lamhokke
      • Lammers
    • Voeding en Lekke
    • Daagliks getalle monitor
  • Effektiewe arbeidsbenutting
  • Instandhouding, diens en herstel van die Plaasvoertuie, -implemente en infrastruktuur
  • Voorraadbeheer en -bestuur
  • Administrasie
    • kunsmis kontrole, chemikalië meng, byhou van rekords vir oudits ens
    • kudderekordhouding
  • Plaassekuriteit en -netheid
  • Enige ander take soos deur die Eienaar bepaal van tyd tot tyd

Diensaanvaarding: So gou as moontlik

Aansoeke sluit: 21 Maart 2024

Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising, onderhandelde prestasiebonus  en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.

Aansoeke word slegs deur die skakel aanvaar

Share on
Click here to contact us on WhatsApp