Plaasvoorman: Saaiboerdery
Ons gewaardeerde kliënt, 'n Gemengde Boerdery in die Val/Standerton distrik in Mpumalanga, is opsoek na 'n energieke, leergierige en raakvat Plaasvoorman om die Saai gedeelte van die Boerdery in samewerking met die Eienaar koste-effektief, volhoubaar, winsgewend en produktief te bestuur.
Die ideale kandidaat het 'n Landboukwalifikasie (aanbeveel) en 5 - 8 jaar ondervinding in die Totale Produksiesiklus van Somergewasse op droëland wie sterk meganies aangelê is.
Bogenoemde vaardighede gekoppel met jou eienaarskapmentaliteit, netheid op self en werk, stiptelikheid en vermoë of effektief onafhanklik te funksioneer, sien ons uit na jou aansoek.
Pligte:
- Staan die Eienaar by met die dag-tot-dag operasionele bedrywighede op die Plaas
- Totale Produksiesiklus van Gewasse
- Algemene en voorkomende Instandhouding
- Plaaswerktuie, -implemente en ander -toerusting
- Paaie en Brandbane
- Infrastruktuur Instandhouding
- Lei deur en volg voorbeeld
- Brandbestuur en -voorkoming
- Plaassekuriteit en -netheid
- Ander pligte soos verlang van Bestuur van tyd tot tyd
Hierdie is 'n ideale geleentheid vir 'n jong individu wat wil Boer.
Diensaanvaarding: So gou as moontlik
Aansoeke sluit: 27 November 2026
Markverwante salaris eie aan die bedryf, gratis behuising en 'n voertuig vir werksdoeleindes word aangebied.
Aansoeke word slegs deur die skakel (link) aanvaar.